Dit was ‘n reënerige dag, maar dit het nie Arrie en Antonette se geesdrif vir hulle troue gedemp nie. Dit was hulle groot dag, hulle beplan al maand elank hieraan, en hulle was vas van plan om dit te geniet.
Ek het op hulle troue iets gesien wat ek nog nooit gesien het. The Farm Inn het ‘n jagluiperd, en die jagluiperd het die ringe ingebring. Hoe “cool’ is dit? Ek moer erken daar was ‘n paar benoude oomblikke vir my toe die jagluiperd na die kerk met die fotosessie reg langs my verby geloop het. Netnou besluit hy net hy hou nie van my nie…of ek lyk soos aandete.
Toe die fotosessie moet begin het dit nog steeds gereën. Gelukkig het The Farm Inn baie plek binne om fotos te neem. Ons kon darem hier aan die einde van die sessie ‘n paar fotos buite neem.
Hulle kos was ook uniek. Arrie en Antonette is kuier en braai mense, en hulle het braaivleis voorgesit vir hulle gaste vir aandete, Vingerlek lekker man! Dis mos nou ‘n lekker troue.
Die res van die aand het gesellig verloop met gatse wat staan en kuier en die dansbaan beset.
Ek het Antonette gevra hoe sy en Arrie verloof geraak het.
Hoe Arrie gevra het:
Nog een beter storie…
Soos enige meisie wil ons trou met die liefde van ons lewe, en soos party van ons droom ons lank oor die daggie.
Laas jaar 2014 Desember maand was ons op ons amazing Australia vakansie wat ons vir sy sussie hulle gaan kuier het.
So ‘n paar dae voor die trippie maak ek die grappie en vra, “ so het jy toe my ring gekoop” met die reply van Arrie, “jap”
Ek glo hom toe nie en sê net:” Wat ook al. ” So ‘n dag na dit natuurlik soos enige ander meisie raak ek nuuskiering en begin toe te soek vir die ring…maar met geen luck die ring toe gekry nie…en ook op al die obviouste plekke gesoek, in die kas, onder sy klere in sy laai kassie, bo in die kas in bokse maar geen luck gehad nie.
Die 1ste week gaan verby waar ons op die ongelooflikste strandhuis gebly het in Surfers Paradise, natuurlik waar beter om te propose as op die strand….nee nie daar gebeur nie 🙁
Kersfees kom toe, wat die perfekte geskenk sou wees waar Arnold op sy knieë vir my vra om te trou op Kersdag…..nee ook nie toe gebeur nie.
Teen die tyd was ek nou al op gewag, toe besef ek, wel, waar beter as om nou te soek vir die ring siende dat ons nou sover van die huis af is…nog steeds geen luck.
Daardie dag vra hy so ewe “so toe gekry waarvoor jy gesoek het?” met my antwoord, en dom speel gesig,” nee waarvan praat jy?, jy kan nie vir iets soek as dit nie daar is nie”
Die week besluit almal ons gaan die naweek gaan kamp by Macintyre Falls, Australia.
Dit het gereën en ons het geen hoop gesien vir ‘n lekker aand nie, als opgeslaan, en uit die karre gekry en maar gebid die reën hou op.
Daardie laat middag begin dit op te hou reën, ons maak toe ‘n lekker “Bomb Fire” en begin toe gesellig raak. Met dit loop Arnold en Willie om nog vuurmaak hout te gaan haal en Arnold loop toe in ‘n plant vas wat sy been laat brand en jeuk het. Willie bring toe ‘n Medi kid om dit te dokter.
Na die episode, vra Arnold uit die bloute of hy dalk saam my moet loop om badkamer toe te gaan voor dit te donker raak, en daar gaan ons toe.
Later raak dit toe nou donker en Arnold sê dit raak laat, dalk moet ons gaan kyk waar Daniele (Willie se vrou) en Alicia ( sy sussie) is.
Ons loop toe af na die Water Pools toe, en net toe ons so oor die klein bultjie kom sien ek net kers liggies, ek vra toe: “En die?” nee sê hy,ek het my sussie hulle gevra om ‘n “our time” te reël, en met die neem ek net fotos van hoe mooi alles lyk en hy maak die champagne toe oop.
Soos ek toe terug draai, het hy die ring boksie oop, met die mooiste ring en vra my toe met die einste woorde, “sal jy nou my vroutjie wees” kry nogsteeds ‘n knop in my keel om net weer daaraan te dink, ek was so bly ek kon nie eers net ja gesê het nie, en net my kop geknik:)
Ons was toe verloof op die 27ste Des. 2014
En dit is ons liefdes storie.
JC Crafford Photo & Video was in al ons glorie by die troue, Arrie en Antonette het van ons foto en video diense gebruik gemaak.
Baie dankie dat ons julle groot dag saam julle kon deurbring Arrie en Antonette, dit was heerlik.
JC Crafford