Eendag terwyl ek nog so sit en fotos redigeer kry ek ‘n baie benoude oproep van DC af. Hy wil verloof raak aan Emilia en hy is nie seker wat hy wil doen nie, of waar hy dit wil doen nie. Al wat hy weet is dat dit ‘n verrassing vir haar moes wees en dat dit baie, baie spesiaal moes wees.
Ons het ‘n hele paar keer gesels en eventueel het hy besluit hy gaan by Harties op die berg verloof raak by die Hartbeespoort Aerial Cableway. Dan is daar nog ‘n opwindende kabelkar rit ook in die prentjie.
Ons het besluit ons gaan ons voordoen as fotograwe wat ingesluit is in die kabelkar rit se pakket, dan vermoed sy niks nie.
Die groot dag het gekom en ons het hulle onder by die kabelkar se ontmoet. Emilia was pragtig aangetrek in ‘n rooi rokkie (wat DC vir haar gekoop het) en DC het ook heel “handsome” gelyk.
Ons is almal bergop en het oral gestop en fotos en video geneem. DC het ‘n spesiale plekkie laat regmaak met sjampanje en dit was ook baie mooi opgemaak. (met natuurlik ‘n paar lekker “snacks”
Ek het toe vir Emilia laat omdraai sodat sy na die pragtige uitsig kyk, die verskoning was dat ek haar rok van agter af wou afneem terwyl sy so die pragtige panoramiese uitsig bewonder.
DC het dadelik op sy een knie gegaan en die verloofring uitgehaal. Ek het haar toe stadig laat omdraai. En toe sien sy vir DC op sy een knie. Surika en ek het altwee sommer dadelik ‘n traan in die oog gekry, dit as SO mooi en romanties.
Na ons nog ‘n paar fotos en video geneem het is ons almal weer bergaf waar DC en Emilia se ouers en familie hulle opgewonde ingewag het.
Dit was nou ‘n pragtige verlowing. Dankie dat ons die spesiale oomblik met julle kon deel DC en Emilia. Ons wens julle ‘n leeftyd vol geluk.
JC en Surika Crafford