Scroll Top

Erich and Roschenka – Intundla Game Lodge

Erich and Roschenka

Erich en Roschenka het getrou op Saterdag 21 Augustus by Intundla Game Lodge. Roschenka was so georganiseerd sy was twee ure voor haar troue klaar en reg vir die fotos. Dit was natuurlik heerlik want dit het my baie tyd gegee vir fotos neem. Hoe sy dit toe reggekry het om 30 min laat vir die troue te wees weet nugter alleen. Maar dit was ‘n fantastiese troue met ‘n bruidegom wat duidelik sy vrou op sy hande dra. Mooi so Erich! Hulle het die baan geopen op Peter Gabriel se Book of Love… ek sal dit nooit vergeet nie. Dit was ongelooflik mooi. Almal by die troue het ‘n kring om hulle gestaan terwyl hulle die hele lied alleen gedans het… BAIE ROMANTIES. ‘n BAIE goed georganiseerde troue van twee fantastiese mense wat duidelik vir mekaar bedoel is.

 

Related Posts

Leave a comment

×

Hello!

Click on our representative below to chat on WhatsApp.

×