Scroll Top

Henry en Terien | Diamond Hill Country Venue

Rayton Wedding Photographer and Videographer

Henry en Terien het besluit om te trou by die pragtige Diamond Hill Country Venue net buite Pretoria. Henry se suster Merieke het ons gehelp kies as trou fotograwe en videograwe vir die dag. Dankie Merieke.

En watter lekker troue was dit net nie. Herien en Terien is twee pragtige mense wat so goed bymekaar pas en nie kon wag vir hulle spesiale dag nie.

Dit was ‘n bitter koue dag, maar tipies bruid het Terien in ‘n somersrok getrou…en nie een keer gekla nie.

Sy en haar drie beste vriendinne wat bruidsmeisies was het te heerlik saam gekuier terwyl hulle regmaak, ons het toe al geweet hierdie gaan ‘n lekker kuier-troue wees. Terien is ‘n baie onkonvensionele bruid. Sy wou nie sukkel met hoë hak skoene nie en het vir haar ‘n paar lekker stewige stewels en sokkies gekoop vir die dag. Sommer reg as sy wil gaan jag ook. Gepraat van jag, haar troukoek was biltong en droëwors gemaak van bokke wat Terien en Henry self geskiet het.

Die saal was pragtig opgemaak deur die oulike mense van Diamond Hill, daar was selfs komberse vir die mense wat koud kry.

Henry het maar vir my lekker emosioneel gelyk toe sy pragtige bruid in die kerkpaadtjie afstap aan die arm van haar trotse pa. Hulle Dominee, PC Pretorius van Moreletta park het my BAIE beindruk. Een van die beste dominees wat ek nog by ‘n troue gehoor het.

Hulle “confetti” was springmielies.

Die aand was weer ‘n heerlike saam kuier van familie en vriende.

Hierdie was een van daardie troues wat ek wens ek kan elke dag afneem.

Dankie julle, dit was heerlik en ‘n groot voorreg om julle troue af te neem.

JC, Timothy en De Villiers.

Related Posts

×

Hello!

Click on our representative below to chat on WhatsApp.

×