Johnny en Carin het by Green Leaves by Hartbeespoort Dam getrou.
Johnny en Carin is nou wat jy noem almal se pelle. Hulle vriende en familie is vir die mense BAIE belangrik. In so ‘n mate dat hulle nier eers ‘n uur photshoot wou doen nie, hulle wou eerder die tyd saam met hulle vriende spandeer.
Maar jy kan sien Johnny en Carin is sommer baie lief vir mekaar, die trane het sommer gerol toe Carin aan die hand van haar broer in die kerk afstap. En toe hy die aand met sy toespraak met haar gesels kon jy sien hy bedoel wat hy sê.
Dankie vir die voorreg om die aand saam met julle en julle pragtige vriende te deel Johnny en Carin. Ons bid julle alle sukses en liefde toe vir julle toekoms.
JC en Surika Crafford