Vrydag middag 1 Oktober 2010. Dit is die troue van Frik en Jo-Anne. Daar is net iets omtrent die liefde tussen twee mense wat nie meer te jonk is nie. Dit is daardie ietsie diepers, die WEET waaroor dit gaan, die gevoel en nie noodwendig die emosies nie… weet julle wat ek bedoel? Ek het die voorreg gehad om die twee wonderlike mense se troue af te neem. Hulle is so lief vir mekaar en dis so mooi ek moes ‘n hele paar keer ‘n traan afvee. Maar dan… ek huil op alle troues wat ek afneem, ek is ‘n onkeerbare romantikus!
Dinge was nie tradisioneel op hulle troue nie, maar dit het hulle gepas. Ek het voor die tyd ‘n rukkie gehad om hulle saam af te neem. Die seremoniemeester was ‘n vrou, maar wat ‘n seremoniemeester… beste wat ek nog gehoor het. Die bruid het haar eie “speech” gelewer… met ‘n powerpoint presentation! Geen garter of ruiker nie. MAAR… ‘n hele saal vol mense wat hierdie twee baie goed ken en wat almal REGTE vriende is!
Frik en Jo-Anne pas bymekaar… soos, wel, soos Frik en Jo-Anne! Dit was ‘n voorreg om julle twee se troue af te neem, julle is kosbare mense, geniet die huwelik en mekaar! Ek hoop my fotos doen reg aan julle groot dag!
Die foto’s en julle troue was AWESOME. Dit was baie spesiaal en sal ons almal nog lank by bly.
Liefste Jo-Anne en Frik – dit was ‘n dag wat nog jare se geluk inhou en mag die Here julle vir mekaar bewaar! Ek is nou EERS spyt dat ek dit nie kon meemaak nie, maar julle fotos is ongelooflik mooi – ‘n weergawe van die dag wat baie lieflike beelde en emosies weergee wat dalk vir die bruilofsgaste nou eers sal roer in hulle harte. Daaraan kan ek meedoen en my verlustig en tog voel ek het deel gehad aan hierdie spesiale dag van twee spesiale mense.
Mag liefde en vrede julle volg elke oomblik van julle huwelikslewe…..
My en Gerhard se liefde en seenwense….Adrie
Hi Johan
Dit was soooo moeilik om ‘n fotograaf te kies omdat my broer altyd daar was vir ons, en dan is niemand anders goed genoeg nie! Ons was nog nie een oombik spyt oor ons keuse met jou as fotograaf nie, en ja, nou het ons weer ‘n fotograaf/ vriend – in SA!! Baie dankie vir al jou persoonlike aandag, voor en na die tyd met ons as gesin! Ons kan jou verseker aanbeveel, ek wens ek was regtig so mooi soos jy my laat lyk:) Groete en dankie!! Frik en Jo-Anne
Dit was ‘n voorreg om deel te kon wees van julle vreugdevolle dag. Die foto’s is pragtig, Johan!
Baie geluk en voorspoed Jo-Anne en Frik!
Susan en Gerhard
Johanna en Frik, hierdie foto’s is baie baie kosbaar. Julle het nie net ‘n pragtige dag gehad nie maar gaan ‘n pragtige lewe saam tegemoet. baie geluk!! liefde SUNETTE
Liewe Jo-Anne en Frik julle photos is stunning. So n pragtige rekord van julle spesiale dag. Gelukkig is julle albei sulke “mooi’ mense in elke opsig! Daarom is al julle fotos so pragtig. Ek weet julle gaan baie gelukkig saam-saam die pad loop.
Baie liefde,
Ma-Lincey
Dankie vir die pragtige pre-view Johan, jy is n meester!
Haai Jo en Frik
Sjoe die foto’s is mooi. Dis ook goed om te weet julle het nou fotograaf vriende. Met my volgende besoek soek ek nie weer ‘n selfoon op my gerig vir ‘n kiekie nie.
In elk geval weereens baie geluk. Ek het rerig die foto’s geniet en is spyt ek kon nie daar wees nie. Stekte vir die toekoms vorentoe. Kleinkinders by dosyne …
Jo-Anne, you looked beautiful, happy and glowing with joy. Your husband is very handsome and you make a wonderful couple! Many happy years together.
Toni Sherman
Council of Residential Specialist
430 North Michigan Ave
Chicago, IL 60148
Liewe Frik en Jo-Anne
Baie geluk met julle troue en ook die pragtige fotos. Ek wens julle alle geluk en voorspoed toe vir nog n kans om geluk te vind.
Hi Frik, “Keep it real, I’m watching you”
Isak
Jo-Anne en Frik
Julle lyk voorwaar gelukkig en die fotos is beautifull. Is nou spyt ons kon nie die dag saam met julle geniet nie, maar gaan verseker met die man in jou lewe kom kennis maak – Jo-Anne! En Frik, pas haar mooi op!
Liefde Nicola en Vleis
Dit is ongelooflike mooi fotos! Jo-Anne, jy is SO ‘n pragtige bruid gewees! En Frik – man – jy het handsome gelyk! Ek hoop julle lewe saam gaan een groot fees wees! Lief julle baie!
Liewe Jo-Anne en Frik, Julle lyk so gelukkig. Die fotos is pragtig, veral die bruid, jy is ‘n pragtig mensie Jo-Anne. Mag daar net vreugde, vrede, geluk en liefde vir julle lewe saam voorle. Ek mis jou vreeslik.
Groete
Adel Myburgh
Welkom terug, julle twee! Hoop die honeymoon was “tussen die sterre en feetjies”!
Baie dankie dat ons hierdie spesiale dag saam met julle kon deel. Julle het altwee pragtig gelyk en Johan se foto’s het werklik reg aan die “mooi” en die spesialiteit van die geleentheid verleen. Ons wens vir julle net die beste en mooiste toe vir nou en altyd. Julle is twee dierbare, wonderlike mense en verdien al die geluk wat julle toekom!
Hi daar julle 2 geseendes!
Julle fotos is lieflik & pragtig verby !!!
Jul is op my B-day getroud, so ek gee vir julle al my blessings & tonne meer.
Mag die Here se seeninge julle agtervolg & inhaal!
Alle liefde vir julle 2.
Christine & Leon
🙂
Jo-Anne dis wonderlik om jou so gelukkig te sien mag jy en Frik net gesëende jare vorentoe hê. Jy lyk pragtig en so sprankelend, dis so lekker om jou so gelukkig te sien. My beste wense vergesel julle vorentoe. Baie liefde Jonita.
Your photos are really great – what a nice display. and Jo-Anne you look beautiful! the dress is stunning!
i am sorry we missed it.
kd
Whaaw, julle fotos is PRAGTIG, Jo-Anne, jy het stunning gelyk en moenie die “handsome” man aan jou sy vergeet nie!! Baie geluk, geniet mekaar en koester hierdie mooi tyd in julle lewe!
Mag ons Hemelpa julle seën en bederf met vreugde, liefde en ‘n lang en gelukkige huwelik!
Baie liefde,
Elsje
Hi Jo en Frik!
Ek het sooo hartseer gewees dat ek nie daar kon wees nie. Dankie vir die uitnodiging en dankie vir die foto link. Darem kan daar in my kop ook nou memories wees van julle pragtige dag. Die fotos is beaula! Mag God julle ryklik seen op die pad wat julle gekies het. Liefde en sien binnekort!
Wow!!!…Firstly Congratulations, The pics are absolutely STUNNING. It looks like a match made in heaven..Wishing both of you only the best for the future and lots of love…
Frik en Jo! Jul het klaar als, mag God jul in dit vashou en beskerm. Johan buiten dat jy baie goeie werk lewer kom my vriende se mooi uit so vanself op die kiekies! En soos Thomas is ek bly dat ons nie weer selfone in ons gesigte gedruk gaan he nie, want ons sien nooit die resultate daarvan nie…..kleinkinners by dosyne….:)
Maar soos ek begin scroll het, het ek al hoe meer vol geraak tot my hart wil oorloop van blye hartseer, al die verledes, groei en liefde wat so sigbaar tasbaar is in jul – Choose Life Love God – God is Liefde!XXXX
Liefste – liefste JO en Frik
Oe, maar julle straal van geluk. Met vreugde deel ons saam met jul in jul pad vorentoe. ONs was nie daar, maar in die gees en gebed wel. Beslis `n troue gevul met liefde en ons dank die Heer dat jul mekaar gevind het.
Pragtige fotos wat diep spreek van liefde, vreugde, vrede, geluk en God se hand oor julle.
Al ons seenwense
Laat dit juig
ons die gouws blomme en kinders
Nou is ek éérs spyt dat ek nie daar kon wees nie! Reneé is skoon boos vir my omdat sy toe ook die paartie gemis het.
Baie dankie – die foto’s is pragtig, met so ‘n mooi bruid en so ‘n aantreklike bruidegom kan dit ook nie anders nie.
Ek wens dat julle liefde en geluk van hierdie dag af vorentoe net meer en meer sal word.
Baie liefde,
Julia
Dit was so lekker om na hierdie fotos te kyk!! AWESOMENESS!! Die gewone is ni deel hiervan nie en die kleur wat die paartjie gekies het is so ryk en inviting dat mens amper die tekstuur van die werk kan voel onner jou vingers – Fabulous!! Great fotos!!
Cecilia, komende van jou…groot kompliment, dankie!
Hi Jo-Anne and Frik, Congratulations to both of you, a wonderful couple and God bless your marriage. The photos are beautiful, it looks like an awsome and very happy day.Thank you for sending me the pictures.
You both deserve much happiness
xox
Jeanette
xx
baie baie geluk… jy moet bietjie kom in loer… en ons als kom vertel…