Vir jare lank ry ons nou al deur Dullstroom en verby Idullies, en dan wonder ons hoe lyk dit daar. Ons was al by baie van die nader venues daar rond, maar Idullies het ons ontwyk.
Dit is nou totdat Quintin en Maryke besluit het om daar te troue en ons gevra het om hulle fotograwe te wees.
En WOW! Was ons beindruk, Pieter en Joyce, die eienaars het hier ‘n wonderlike venue opgebou, pragtige plek, uitstekende (en vriendelike) diens en die lekkerste kos.
Quintin en Maryke se troue was heerlik, daar was ‘n lekker ontspanne atmosfeer die hele dag. Die bruidspaar het pragtig gelyk, en hulle het elke sekonde van hulle troue geniet. Maryke was ‘n regte “trooper’, sy was bereid om enige plek te loop en te sit met die fotosessie. Niks aanstellerig aan haar nie hoor.
Hulle vriende en familie het die dag saam met hulle geniet, wat ‘n voorreg om sulke mense rondom jou te hê op jou spesiale dag.
Baie dankie julle, ons gaan hierdie ene BAIE lank onthou.
Mag julle hele huwelik net so geseënd en lekker wees soos julle troudag.
JC en Surika Crafford