Die weer het nie goed gelyk die week voor Robert en Melissa se troue nie, en die weerburo het nog baie meer reën voorspel op hulle troudag.
Melissa se ma het dit mooi gestel, sy sê dis goed as dit reën want dit is ‘n bruid se laaste trane.
Ek was nog nooit by Onder Engele om ‘n troue af te neem nie. Ek het die plek Vrydag ge-Google en kon nie glo wat ek sien nie, dis net eenvoudig die mooiste trou kapel wat ek nog in 13 jaar gesien het, en die tuine is vreeslik mooi.
Toe ek daar aankom was dit ‘n miernes van bedrywighede, Hans, die eienaar van Onder Engele en sy span was besig met die blomme. En dis nie sommer enige rangskikkings nie hoor, Hans is ‘n wereld kampioen blomme rangskikker.
Die bruid en bruidegom en hulle mense was baie rustig en besig om reg te maak. Ek persoonlik dink Robert was bietjie ge-stress, hy was nog besig om sy toespraak te skryf,.
Ons “photo shoot” het soos verwag uitgereën, ons kon net omtrent 10 min buite fotos neem. Gelukkig kon ons darem toe in die pragtige kapel fotos neem.
Robert en Melissa en hulle families is baie geheg aan mekaar, so dit was ‘n heerlike onhaal.
Robert en melissa, julle is sulke pragtige mense, dankie dat julle my die voorreg gegee het om julle troudag af te neem, ek sal altyd spesiale herinneringe hê van julle troudag.
JC Crafford